Ons het ‘n passie vir Afrikaans en voel dit is belangrik om ons kultuur te vier en ons wil graag dieselfde trots oordra aan ons kinders. Daar is so baie mooi liedjies wat ons geleer het toe ons klein was en nou ook vir ons kinders leer, maar daar is nie goeie kwaliteit videos van hierdie liedjies op die internet beskikbaar nie. Ons kinders word met Engelse liedjie-reekse groot gemaak en die liefde vir ons taal en kultuur word nie oorgedra nie.
Baie Afrikaanse gesinne het ook geimmigreer en hulle kinders kry nog minder blootstelling aan Afrikaans en daarom is dit belangrik dat ons hierdie gesinne ook help om vir hulle kinders die taal en kultuur te kan leer, al is hulle nie meer in ons land nie.
Speelkasteel se doel is om te begin met musiekvideos van bekende Afrikaanse liedjies en dit dan beskikbaar te maak vir almal om na te kyk. Ons beoog om verder uit te brei in Afrikaanse speletjies, verhale en ander middele waarmee ons ons kinders se lewens kan verryk in Afrikaans.
Sing saam met Didi en onthou om jou huis altyd
op die rots (God) te bou.
Sing saam met Ava en Henri en onthou om altyd jou liggie vir Jesus te skyn.
Sing saam met Nita en Henri en onthou dat daar niks is wat ons God nie kan doen.
Sing saam met Zola oor die voëltjies en die lelies en onthou dat jy jou oor niks hoef te bekommer nie, want God is altyd by jou en Hy sal vir jou sorg.
Sing saam met Ajay en Khai oor die stoomtrein wat
Kimberley toe ry.
Het julle geweet daar is ‘n hoender wat nie ‘n eier kan lê nie? Vir nog meer Afrikaanse kinderliedjies en ander bekende Bybel-liedjies vir kinders, maak seker dat jy aansluit by ons Youtube kanaal.
Ava is terug om vir ons hierdie gunsteling liedjie te sing! Vir nog meer Afrikaanse kinderliedjies en ander bekende Bybel-liedjies vir kinders, maak seker dat jy aansluit by ons Youtube kanaal.
Sing saam oor die lastige bobbejaan wat die boere kom vererg! Vir nog meer Afrikaanse kinderliedjies en ander bekende Bybel-liedjies vir kinders, maak seker dat jy aansluit by ons Youtube kanaal.
Hierdie liedjie is een van ons gunsteling liedjies om vir ons kinders te leer!
Sing en dans saam op hierdie bekende een! Wie kan nog die dans onthou?
Ons hoor graag van jou!
Copyright © 2025 Speelkasteel - All Rights Reserved.